Bykans 50 000 skoolmeisies raak jaarliks swanger. Dit blyk uit ’n verslag wat die ministerie van basiese onderwys op aanvraag vir die ANC oor die uitvalsyfer, doeltreffendheid en gehalte in skole opgestel het.
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sê Suid-Afrika het ’n abnormale hoë druipsyfers vergeleke met internasionale standaarde.
‘n Viervlak-stelsel is in die Groenskrif oor Grondhervorming opgeteken, wat pas die Kabinet se goedkeuring gekry het, berig Landbou.com.
Minstens 21 mense, insluitende skoolleerders, is Woensdag in Maokeng, Kroonstad, in hegtenis geneem tydens ‘n betoging teen ‘n gebrek aan krag, het die polisie in die Vrystaat gesê.
Maseleka Langa, woordvoerder, het gesê die groep is gedurende die oggend in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.
‘n Man het doodgebrand en nog ‘n man is beseer tydens veldbrande in Noordwes, het die polisie Woensdag gesê.
Volgens brig. Thulane Ngubane is die man Dinsdag saam met sy mede-werkers gestuur om vee bymekaar te kry op ‘n plaas wat gebrand het in Groot Marico.
Een man is dood en ses mense beseer in wat as een van die ergste brandseisoene in Noordwes bestempel word, sê Agri Noordwes.
Cor van Vuuren sê ’n opname word tans gedoen om te bepaal hoeveel grond weens die afgelope twee dae se brande in die slag gebly het.
‘n Lodge is erg beskadig deur veldbrande in Thabazimbi, het Working on Fire in Limpopo Woensdag gesê.
“Ek het inligting ontvang dat agt chalets, ‘n gedeelte van die hoof-lodge en die eienaars se huis Dinsdagmiddag afgebrand het,” het woordvoerder Alwyn Kruger gesê.
Treurgrond, ’n skokkende boek wat hulde bring aan slagoffers van plaasaanvalle in Suid-Afrika, is Woensdag in Pretoria bekend gestel.
Dr. Dirk Hermann, wat die boek saam met maj. Chris van Zyl saamgestel het, sê die boek handel oor plaasaanvalle wat die afgelope 20 jaar plaasgevind het.
‘n Chaos het uitgebreek by die Universiteit van Fort Hare in Alice in die Oos-Kaap toe die polisie rubberkoeëls op studente gevuur het.
Die polisie het die studente met rubberkoeëls en skokgranate uiteengejaag nadat hulle buitebande aan die brand gesteek het.
Suid-Afrikaners sal na verwagting meer as vyf persent uitmaak van buitelandse besoekers by aanstaande maand se Rugby Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland.
‘n Woordvoerder van die reëlingskomitee, Mike Jaspers, sê volgens kaartjieverkope, sal sowat 5000 Suid-Afrikaners die wêreldbeker bywoon.
Lees die res van die storie hier. (via Die Burger.)
n Passasier wat ’n kulula.com-personeellid op die Kaapstadse Lughawe vir ’n “f****n k****r” uitgekryt het, het op haar herrie gekry toe haar mede-passasiers en die ander bemanningslede geweier het om haar te laat saamvlieg.
Die vrou was op die aanloopbaan op pad na die vliegtuig toe sy blykbaar oor ’n trappie gestruikel het. ’n Kulula-personeellid het haar probeer ophelp, maar volgens me. Nadine Damen, kulula-bemarkingsbestuurder, wou sy nie die man se hulp aanvaar nie en het hom uitgeskel.
‘n Bejaarde man is op ‘n vissersboot aan die Mosselbaaise kus gered, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Dinsdag gesê.
Die 71-jarige man is beseer toe swaar toerusting op hom geval het, het Andre Fraser van die NSRI gesê.
Lees die res van die storie hier. (via Nuus24.)
Media24's new weekly news magazine website for busy people